Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by C. P. Hia

Vinnig eet, Minder Betaa

’n Hotel in Singapore het nou ’n buffetete ingestel – eet soveel as wat jy kan gedurende 30 minute en betaal net die helfte van die prys. Nadat hy dit probeer het, het ’n man verklaar: “Ek het my fatsoenlikheid verloor, ’n absolute vraat van myself gemaak, en my ordentlikheid prysgegee – boonop het ek die hele dag maagpyn en…

Kersfees – God se geneesmiddel

As jou dokter jou skakel en in ’n ernstige stemtoon sê, “Kom sien my asseblief so gou as moontlik. Daar is iets wat ek met jou moet bespreek,” sal jy weet dat hy slegte nuus vir jou het! Jou eerste reaksie sal waarskynlik wees: “Nee, ek wil nie weet nie.” Maar jy sal tog gaan, want dis eers as jy…

misplaaste Lering

Nadat ’n vierjarige seuntjie by die kleuterskool in die moeilikheid beland het, het sy ma hom gevra wat hy dan gedoen het. Hy verduidelik toe: “Ek was kwaad vir een van my maats. Maar Mamma het gesê ek mag nie iemand anders slaan nie. Toe vra ek maar ’n vriend om dit vir my te doen.” Waar sou iemand so…

populariteit

Populariteit is wisselvallig. Vra maar net vir politieke figure. Baie van hulle bekyk gedurig hoe hulle gewaardeer word en hoe kiesers hulle politieke beleid beskou. Hulle mag aanvanklik hoog aangeslaan word, maar geleidelik daal hulle populariteit namate die termyn vorder. Jesus se populariteit het ook ’n afwaartse neiging getoon. Nadat Hy die 5000 gevoed het, was Hy baie populêr (Joh.…

navigasie- sisteem

Het jy al ooit gewonder hoe die loods van ’n vliegtuig weet om van punt A na punt B te vlieg? Heel waarskynlik gebruik hy ’n navigasiesisteem VOR, wat gedurende die vyftiger jare ontwerp is. Dit lei vandag nog baie vlieëniers reguit na die bestemming waarheen hulle onderweg is. Die loods stel die koers van die vliegtuig op die sisteem…

beveel om Lief te hê

As gevolg van die feit dat sekere volwasse kinders nie hulle verpligtinge teenoor hulle bejaarde ouers nakom nie, is die ouers genoodsaak om hulp by staats– en liefdadigheidsorganisasies te soek. Terwyl hy oor hierdie saak gepraat het, het ’n regeringsamptenaar opgemerk: “Ons kan nie liefde deur wetgewing afdwing nie.” In die Bybel egter word ons beveel om mekaar lief te…

Magtiger as almal

Die Iguazu watervalle op die grens van Brasilië en Argentinië, is ’n skouspelagtige watervalsisteem wat uit 275 valle bestaan en oor 2.7 kilometer van die Igazu rivier strek. Op ’n muur, aan die Brasiliaanse kant van die valle, is die volgende woorde aangebring.”Hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in…

Die virus van sonde

Die HINI pandemi het die wêreld se oë op virusse gevestig. Virusse is lewende organismes wat ’n gasheer nodig het op wie hulle kan teer en chaos kan veroorsaak. In sommige gevalle kan ’n virus lank teenwoordig wees voordat die gasheer eers bewus word daarvan. Gedurende daardie tyd kan die virus baie skade veroorsaak. As dit egter van die gasheer…

moenie net aftree nie

Die eerste mense wat die kruin van berg Everest , die hoogste berg in die wêreld in 1953 bereik het, was Edmund Hillary en Tenzing Norgay. Hillary was net 35 jaar oud en die daad het hom roem, rykdom en eer besorg. Hy het besef dat hy reeds ’n merkwaardige lewe geleef het. Wat het Hillary toe daarna gedoen vir…

valse voorspellings

Nuus dat ’n sonsverduistering op 22 Julie 2009 sou plaasvind, het tot ontstellende voorspellings gelei. Daar is aangevoer dat die verduistering die aantrekkingskrag so sou beïnvloed dat van die tektoniese plate “sou meegee” en dit sou tot ’n geweldige aardbewing en ’n ingrypende en verwoestende tsunami in Japan lei. Toe het die VSA se Geologiese Oorsig ’n verklaring uitgereik: “Geen…